News
AMPTELIKE DORPERVELDRAMVEILING TE VREDENDAL : 23 NOVEMBER 2011
Tydens die veiling 54 Dorper ramme aangebied, 47 verkoop met ‘n gemiddelde prys van R4 973.00 en hoogste prys van R15 500.00. 40 Wit Dorper ramme is aangebied, 32 verkoop met ‘n gemiddelde prys van R5 094.00 en hoogste prys was R18 000.00. BKB het die veiling aangebied.
Foto van links na regs:
WIT DORPER RAM (R18 000.00)
STOETVEE-AFSLAER : TERS MARAIS, BKB WES-KAAP
HANTEERDER : JOHAN SMIT (VERKOPER SE SEUN), ZEEKOEIVLEI, CLANWILLIAM
VERKOPER : P S (PAUL) SMIT, ZEEKOEIVLEI, CLANWILLIAM
KOPER : J A ENGELBRECHT, KOOKFONTEIN, LAMBERTSBAAI
De Aar Nasionale Veldramveiling 2011

Duurste ram verkoop op De Aar Nasionale Veldramveiling 2011: Eienaar Piet & Nelia de Lange

“This ram was Grand & Supreme Champion at Bendigo Show. This was the first time that a Dorper took this prize. The ram is from Dell Dorpers Australia”
Weskaap Dorperklub veiling
Tydens die Weskaap Dorperklub veiling te Vredendal op 6 Oktober 2011 is 2x T5 Witdorper ramme onderskeidelik vir R23 000 en R19 500 verkoop. BKB Beperk het die veiling aangebied.

Foto van links na regs :
KOPERS : Willie en Hendrik van Zijl, Broekseput, Loeriesfontein VERKOPER : Vlekkie Rossouw, Katdoornvlei, Lutzville BKB AFSLAER : Ters Marais HANTEERDER : Willem September, Vredendal

“This ewe was the Grand Champion & Supreme Champion animal at the National Dorper Show in Dubbo. On the photo from left to right Andrea van Niekerk, Marion Dell and John Dell”
DORPERVEILING : GIDEON VIVIER, THE VALE, BEAUFORT-WES : 15 SEPTEMBER 2011
BKB het Gideon Vivier Dorperstoet veiling te The Vale, Beaufort-Wes op 15 September 2011 aangebied.
Tipe 5 Dorper ram was teen ‘n hoogste prys van R20 000.00 verkoop met ‘n gemiddelde prys van R6 670.00.
15 Wit Dorper ramme van gasverkoper Eben van Eck was teen ‘n hoogste prys van R7 000 met ‘n gemiddelde prys van R4 450.00 verkoop. BKB Wes-Kaap het die veiling aangebied.

Foto van links na regs :
Afslaer : Ters Marais, BKB Weskaap
Verkoper : Dorper ram – Gideon Vivier, The Vale, Beaufort-Wes
Koper : Marinus Blom, Elandsberg, Sutherland.
WORCESTER DORPERVEILING : 7 SEPTEMBER 2011
Tydens die Amptelike Dorperveiling, Worcester op 7 September 2011 is 23 ramme aangebied en verkoop. Hoogste prys behaal vir Dorper ram was R7 500.00 met ‘n gemiddelde prys van R5 935.00. 24 Wit Dorper ramme is aangebied. Hoogste prys behaal was R16 000 met ‘n gemiddelde prys van R6 190.00. BKB Weskaap het die veiling aangebied met BKB-Afslaer Ters Marais.
FOTO - WIT DORPER RAM
Hanteerder : Willem Lukas, Rawsonville
Verkoper is mnr Pieter Stofberg, Rawsonville en koper is E J J Visagie, Sutherland.
Streekskampioenskappe 2011

Groot Kampioen Witdorper Ooi
Expo - Grootfontein Landboukollege se eeufeesvieringe
Click here to view the photo's
